Derduisende betoog teen Sjinese wet

Tienduisende mense het in Hong Kong aan ’n optog deelgeneem waarin hulle verset teen Sjina uitgebeeld is in die afgelope naweek.

Met plakkate en Baniere, waarop slagspreuke aangebring is, toon die erns van Hong Kong se inwoners dat hulle nie tevrede is met wetgewing wat beoog word dat oortreders in Sjinese howe verhoor moet word nie.

Die wetgewing sal beteken dat beskuldigdes na Sjina gestuur word om verhoor te word, wat die regspleging in Hong Kong sal uitfaseer,.

Die vreedsame optog is deur polisie woordvoerders bestempel as die grootste in die afgelope 15 jaar, en is gekenmerk deur die honderde geel sambrele wat in die optog gedra is.

Die hoof van die polisie se die massa mense word op meer as een miljoen gestel, en was 2,000 polisie beamptes nodig om skarebeheer toe te pas waar dit nodig sou wees.

In Australië het mense ook ’n optog gehou waarin die regering versoek word om die voorgenome wetgewing in Hong Kong te veroordeel.

Woordvoerders reken daar sou veel meer aan die optog deelgeneem het, maar vrees die optrede van Sjinese owerhede, en mense wat wel in die optog was, beskou hulleself as dapper trotseerders.