Denel betaal werkers net deel salaris

Die staat se maatskappy Denel, wat wêreldberoemd geword het vir sy vervaardiging van puik militêre toerusting, is soos al die ander staats maatskappye, om die rand van die afgrond.

’n Woordvoerder het pas bekend gemaak dat die personeel hierdie maand slegs 85% van hulle normale maandelikse vergoeding sal ontvang.

Werknemers en belangstellendes is ewe geskok oor die aankondiging, en vrae word nou gevra oor wat in Julie gaan gebeur as die vervaardiger nou reeds in gebreke bly om sy verpligtinge na te kom.

’n Woordvoerder het erken dat Denel tans ’n kontantvloei probleem het, maar kenners sê die probleem kom reeds vir tien jaar, en is slegs die punt van die ysberg.

Die balans van die vergoeding sal “so gou moontlik” betaal word, maar geen aanduiding is gegee wanneer dit sal wees, en niks is gesê oor wat in Juliemaand gaan gebeur nie.

Later is berig ontvang dat minister Pravin Gordhan in die parlement aangekondig het dat Denel n lening kon aangaan om die salarisse te betaal, maar het nie bekend gemaak wie die lening gegee het nie.