Demokrate vrees oorlog met Iran

Nancy Pelosi

Die speaker van die VSA se Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het ’n dringende beroep gedoen op die Verenigde State om die spanning met Iran te verminder.

Parlementslede het kort nadat die Hawk hommeltuig in Iran afgeskiet is, vir ’n inligtingsessie na die Wit Huis gestroom.

Pelosi het gesê dit is van belang dat die VSA in goeie en volle verhouding is met sy vennote aangesien Amerika nie nou te kampe het met ’n verantwoordelike en vyandelike regering in Iran nie.

’n Top Demokraat in die Senaat het sy bekommernis getoon toe hy gesê het hy hoop nie die Amerikaanse president, Donald Trump, dompel die land in ’n oorlog met Iran nie.

Hy het ’n pleidooi gelewer dat ’n openlike debat gevoer moet word en dat die Amerikaanse Kongres besluite moet neem oor moontlike befondsing van enige militêre optrede wat mag volg.