DA lede dalk onwettig in stadsraad

Van die sowat 93 lede van die DA wat dien in die stadsraad van Pretoria, is da blykbaar 6 led wat onwettig op die raad is weens bedrog met nominasies.

Die vyf lede kan uitgeskakel word indien die beskuldigings teen hulle bewys word en hulle skuldig bevind sou word.

Die party se federale regskommissie ondersoek glo die aangeleentheid, en indien bevind word dat die vyf lede nie korrek genomineer is nie, sal hulle as onwettige indringers beskou word.

John Moodey, ’n provinsiale leier van die linkse party het bevestig dat ondersoek na die vyf persone se nominasies gedoen word.

Politieke waarnemers sê dit sal goed gemoniteer word of die vyf lede, wanneer hulle moontlik skuldig bewys word, die aansienlike bedrae wat hulle wederregtelik ontvang het, gaan terugbetaal.