D-Dag in herinnering geroep

Honderde leiers vanoor die wereld het die D-Dag verrigtinge in Frankryk bygewoon, waaronder President Trump, Kanselier Merkel en Premier May ook teenwoordig was.

Een van die besondere hoogtepunte was ’n 97 jarige wat weer alleen met ’n valskerm geland het op die stuk veld waar hy 75 jaar gelede as 22 jarige soldaat, ook met ’n valskerm op daardie oop stuk veld geland het.

In Suid-Afrika het min hiervan na vore gekom want die Afrikaners was nie begerig om teen Duitsland te veg nie, en tot hede is D-Dag vir die grootste deel van die Afrikanervolk waarskynlik van niks meer as akademiese belang nie.

Natuurlik is daar medelye met die duisende mense wat getreur het oor verliese, maar dit het min volksgenote getref in vergelyking met die res van die wêreld se volke wat met alle mag die stryd gestry het in die Tweede Wêreldoorlog.

Die stryd wat Afrikaners, en in besonder die Boere-Afrikaners stry, is ’n vryheidstryd wat egter eers as ’n ekonomiese stryd gevoer word om volksgenote op talle lewensterreine te versterk om uiteindelik die finale fase te betree.

Deskundiges reken dat die opvoeding van verarmde kinders van die volk voorrang moet geniet en dit bring mee dat projekte soos Die Vryburger Kinderfonds deur die ganse volk ondersteun moet word.