Continental Bande onttrek uit SA

Continental Tyre SA (CTSA) het aangekondig dat hulle die vervaardiging van landbou- en ondergrondse myn-bande gaan staak. 

Die bande is in Port Elizabeth vervaardig en sowat 170 werknemers staar afdanking in die gesig.

Die vervaardiger meld dat die bande in die toekoms buite Suid Afrika vervaardig sal word wat volgens kenners veroorsaak is deur die arbeidswette in die land.

Hoë lone, enorme werk voordele soos jaarlikse bonusse, is die een deel van die probleem wat die ekonomie knel, en die tweede deel gaan gepaard met hoë belastings, kragonderbrekings en stakings.