Capitec nou vierde grootste

Tydens die Capitec Algemene jaarvergadering wat Vrydag gehou is, het ’n nuwe era aangebreek vir die bank wat merkwaardige groei getoon het sedert sy stigting.

Capitec het daarin geslaag om die plaaslike industrie op sy kop te draai in die minder as 20 jaar van bestaan.

Met aanvaarbare rentekoerse vir die lener sowel as die belegger, het Capitec se kliëntebasis vinnig gevestig en uitgebrei tot waar dit vandag staan.

Die mede-stigter, Riaan Stassen, het saam met Michiel le Roux die bank begin in 2001, maar tydens die afgelope jaarvergadering is aangekondig dat Stassen sy laaste vergadering as voorsitter waargeneem het, en nie langer betrokke sal wees in die groep se aktiwiteite nie, maar bly een van die gewaardeerde aandeelhouers.

Stassen was vir 12 jaar die Hoof Uitvoerende Beampte wat in 2013 uit die amp getree het, waarna hy as voorsitter opgetree het.

Capitec se aandeelprys op die Beurs was R2-00 toe dit die eerste keer noteer is, en vandag staan die prys op R1,320.