Britse premier kandidaat dreig EU

Boris Johnson

Boris Johnson, die voormalige Minister van Buitelandse Sake in Brittanje, en tans die mees gewilde parlementslid om Theresa May op te volg as premier, sê hy sal nie huiwer om die Europese Unie se $50 miljard terug te hou nie.

Hy sê hy sal die Brexit betaling terughou indien daar nie ’n nuwe ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk (VJ) bereik kan word nie.

Voorheen het die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie ooreengekom dat ’n bedrag van 39 miljard euro aan die EU betaal sal word by uittrede.

Anders as premier May, is Johnson ’n voorstander van uittrede uit die EU en het tydens die referendum skerp uitsprake gemaak wat waarskynlik deurslaggewend was dat die voorstanders van uittrede die stemming gwen het.

Die EU het herhaaldelik gesê daar bestaan geen moontlikheid om ’n nuwe ooreenkoms met die VB aan te gaan oor uittrede nie, maar Johnson beweer dat daar verskeie opsies bestaan om uit te tree.