Brexit op 31 Oktober nie moontlik

Goewerneur Mark Carney

Die goewerneur van die Bank van Engeland, Mark Carney, het die moontlikheid verwerp dat ’n volgende Eerste Minister van Brittanje op 31 Oktober as lid, uit die Europese Unie sal wees.

Carney sê die aanspraak van Boris Johnson, die voorloper in die wedloop om die premierskap, moet met ’n “knippie sout” geneem word.

Hy reken ook die moontlikheid bestaan dat uittrede sonder ooreenkoms sal wees, met die finansiële implikasies wat daarmee saamgaan.

Hy sê daar sal in geval van geen ooreenkoms, langtermyn sowel as korttermyn nadele vir Brittanje wees.

Johnson het egter gesê hy sal ’n bedeling kry wat weinig sal verander van die huidige handelsooreenkoms, maar kenners meen dit is dagdrome.

Intussen is verneem dat Johnson besig is om terug te skarrel oor sy belofte van uittrede uit die EU teen 31 Oktober, en dit kan ’n invloed hê op die finale stemming tussen hom en sy opponent Jeremy Hunt.