Brasilië erken Venezuela opposisieleier

President Jair Bolsonaro

Die president van Brasilië, Jair Bolsonaro, het die week bekend gemaak dat sy land die opposisieparty van Venezuela se verteenwoordiger in sy land erken as ambassadeur.

Juan Guaido, wat deur Westerse lande erken word as die waarnemende president van Venezuela, se verteenwoordiger in Brasilië was tot hede nie erken as sy land se ambassadeur nie.

President Bolsonaro van Brasilië het nou die dame formeel erken as die amptelike ambassador van Venezuela, en het daarmee die diktator, Nicolas Maduro, nie langer as staatshoof van die buurland erken nie.

Maria Teresa Belandria het gesê die regering van Brasilië het aanvanklik nie haar status as ambassadeur erken nie, maar later wel van mening verander en erkenning gegee.

’n Woordvoerder van die Bolsonaro-administrasie het bevestig dat die president van Brasilië haar nou amptelik erken as ambassadeur.

Maria Teresa Belandria sal egter nie toegelaat word om die ambassade van Venezuela te betree nie, aangesien dit steeds deur die Maduro-regime se afgevaardigde betrek is, en nie deur President Bolsonaro verbied is in Brasilië nie.