Brandstigting en vernielsug

Hoe lank kan ‘n land voortgaan om te bestaan waar treine, busse, skole, en universiteite se geboue deur kwaadwillige brandstigters beskadig word?

As dit nie afgebrand word nie, is die vernielsug waarneembaar.

Die kultuur van Afrika om alles af te brand sodra daar frustrasie ontstaan rondom ‘n sekere saak, kos die land miljarde aan herstel koste. 

Telkens dreig die owerhede om nie weer skole op te rig in gemeenskappe waar die skole sporadies of afgebrand of rot en kaal besteel word nie, om dan maar weer terug te krabbel en nog ‘n skool te herbou.  Busse en treine word aan die brand gesteek, aflewerings vragmotors word willens en wetens  beroof en daarna aan die brand gesteek. Paaie na woonbuurtes word afgesper met rommel en brandende bande en polisie lede staan en toekyk. Sulke optredes  lei bykans nooit  tot vervolgings en tronkstraf nie en  is besig om ‘n reeds sukkelende ekonomie se rug te breek.  Sal daar nie êrens uit hierdie chaos ‘n wil ontstaan by ons volk om hul af te skei van die res van die land se bevolking, wit en swart, wat geduldig en gedienstig voortgaan in so ‘n stelsel nie?  Is daar nog iets oor van die Voortrekker strewe om vry van verslawing te leef of is ons volk so verkneg aan “laat werk” ipv om hand aan die ploeg te slaan en weer ‘n eie toekoms uit te kap nie

vdm