Biskop sê Mabuza is moordenaar

Hangwi Maumela

’n Biskop is deur die polisie gearresteer nadat hy sowat ’n jaar gelede reeds beweer het dat die ANC se adjunkpresident Mabuza ’n moordenaar is.

Die biskop, ene  Hangwi Maumela, het glo gesê die ANC kan nie toelaat of bekostig om ’n moordenaar aan te wys as adjunkpresident van die land nie.

Hy het glo bygevoeg dat die land mense moet kies wat nie rondslaap en moorde pleeg nie.

Die polisie sê die biskop het ook nie woord gehou en homself aan die gereg oorgegee nie, en sal waarskynlik aangekla word vir naamskending en fop inligting.

Die biskop was die spreker by ’n ANC faksie se byeenkoms wat gepoog het om iemand anders genomineer te kry wat Mabuza sou kon oorwin in ’n verkiesing.