Binne een uur ses aardbewings

Ses aardbewings binne een uur het veroorsaak dat mense in groot paniek uit huise en geboue vlug, maar sommiges was minder gelukkig.

Saterdag het die een na die ander skudding in die suidoostelike deel van Albanië veroorsaak dat minstens 100 woonhuise inmekaar getuimel het.

Ooggetuies sê dit was ’n aaklige gesig om te sien hoe woonhuise wat vir jare sonder ’n enkele bars in die mure, skielik inmekaar tuimel soos ’n kaartehuis.

Alhoewel die skudding op die magneetband slegs 5,3 geregistreer het, was die een na die ander skudding net te veel om die geboue staande te hou.

Die Minister van Verdediging sê die wonderlike gebeurtenis is dat geen persoon omgekom het nie, en dat slegs vier mens beserings opgedoen het.