Bedrywige G20 beraad vir Trump

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sal ’n bedrywige tyd hê tydens die naweek se G20 beraad in Osaka, Japan.

’n Woordvoerder van die Amerikaanse Wit Huis het besonderhede bekend gemaak van die nege afsonderlike ontmoetings wat gereël is.

Donderdag het die president ’n ete afspraak met Australie se Eerste Minister, Scott Morrison

Vrydag word ’n kort vergadering met premier Shinzo Abe van Japan gehou en daarna met Premier Abe saam met Indië se premier Narendra Modi.

Later die oggend sal hy met Kanselier Angela Merkel samesprekings voer, en na middagete ’n halfuur met President Vladimir Poetin vergader.

Trump het daarna ’n afspraak van drie uur lank met President Jair Bolsonaro van Brasilië.

Saterdag sal ’n lang vergadering met die Kroonprins Mohammed bin Salman van Saoedi-Arabie gehou word, waarna ’n uur afspraak met die Skinese president, Xi Jinping gehou word.

Teen middag ontmoet hy die Turkse president, Tayyip Erdogan, om oor die Turke se aankoop van Russiese wapentuig te praat.