As ons Vasbyt!

Vanaf Donderdag gaan Die Vryburger se lesers geleentheid kry om deel te neem aan die Vasbyt fondsinsameling ten bate van die Kinderfonds waarmee ons volk se nood verlig kan word.

Die eerste reaksie wat ons sowat ’n maand gelede beleef het toe lesers spontaan gereageer het op die versoek om bydraes te maak tot Die Vryburger Kinderfonds, het die bestuur aangenaam verras.

In ons tweede fase om die Fonds te versterk sodat CVO-skole gehelp kan word waar kinders wat nie die skoolgeld kan bekostig nie, gesubsideer word, sal ons nog ’n aansienlike bedrag benodig.

Ervaring uit die dae toe ons volk Vasbyt gehou het by die voormalige Radio Pretoria, weet ons dat ’n verdienstelike volksaak ons mense na aan die hart lê.

Die Kinderfonds se bestuur het in vertroue en biddend hierdie saak begin, en in die geloof wil ons weer ’n beroep doen op ons volksgenote om met ’n bydrae ons kinders se toekoms help bou.

Die werkmetode wat lesers asseblief moet volg, sal DV eerskomende Donderdag op die voorblad van Die Vryburger beskikbaar wees.

Elke leser word weereens opgeroep tot heerlike diens in belang van ’n volk in nood, en mag u elkeen geïnspireer word met die wete dat u bydrae ’n verskil maak aan die lewe van ’n volksgenoot wat hulp nodig het maar nie self om hulp geroep het nie.

Kom ons hou Vasbyt, want ons kan mos Vasbyt!