ANC verklaar oorlog

Jacob Zuma

Die ANC, as regerende party, het oorlog verklaar, maar die oorlog is anders as wat algemeen verwag kon word, want die oorlog duur reeds geruime tyd en die einde daarvan is nie in sig nie.

Die oorlog is verklaar, maar dis ’n oorlog teen homself, want sedert die gevegte begin het teen Jacob Zuma, het die een na die ander veldslag begin.

Die Openbare Beskermer, wat ’n Zuma aanhanger is, het aas teiken op Pravin Gordhan en Cyril Ramaphosa gefokus.

Met Ace Magashule wat mik om die appelkar om te keer deur, soos beweer word, te peuter aan dokumente se inhoud van die ANC vergadering, en ’n aantal paragrawe by te voeg, het die Reserwe Bank in die kollig geplaas oor sy toekomstige status.

Nou lyk dit of die kameraadskap tussen Ramaphosa en Ace nie onbepaald gaan voortduur nie, en as die skote daar klap, gaan ander faksies ook sneller begin trek.

Wie van die generaals eerste gaan sneuwel, sal die tyd leer, maar die OB, Ace, en ’n paar ander sal moet ligloop – die koeëls is gevaarlik naby, en die ANC verdeeldheid heel interessant.

Fred Schoeman