ANC beskuldig oor-en-weer

Die magstryd binne die ANC woed daagliks voort. Die jongste insident is waar Ace Magashule aangekondig het dat tydens die pas afgelope lekgotla aanbeveel is dat die Reserwe Bank se mandaat uitgebrei moet word om groei en werkskepping in te sluit. 

Die ANC se hoof van ekonomiese transformasie, Enoch Godongwana,  het onmiddellik Magashule as ‘n leuenaar uitgemaak en het die ANC se segsman Pule Mabe gekontak om vas te stel wat Magashule se uitlatings was.

Volgens hom is die opmerkings roekeloos en die beleid bring onsekerheid in die land wat net vererger.  Cosatu en die SA Kommunistiese party het Ramaphosa aangesê om op te tree teen leiers  wat SAID se uitbreiding teëstaan, veral Tito Mboweni wat Ace aangespreek het oor sy uitlatings.