Amptenare wil ontrek van Eskom

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) of soos hy nou bekend staan Public Servants Association (PSA)  verteenwoordig sowat 240,000 lede landswyd en het sopas aangedui dat hul die Public Investment Corporation(PIC) opdrag gaan gee  dat daar nie verdere beleggings in Evkom gedoen moet word nie.   

Deur die aankoop van effekte van Eskom word pensioenarisse bloot gestel aan buitengewone hoë risiko aangesien Eskom tans nie sy lopende koste kan dek met die verkoop van elektrisiteit nie. 

Die VSA het dan ook ‘n versoek gerig aan PIC om geen beleggings in ander staats entiteite soos SAA te maak.  Staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF) het tans R54,8 miljard Eskom effekte, dit is bykans 17% van die kragvoorsiener se uitstaande skuld en tans vyf keer meer as die volgende belegger. 

PIC se 11 Raadslede het intussen aangebied om te bedank te midde van voortslepende skandale en skorsing van senior personeel.

Ekonome waarsku egter dat daar nie maklik ‘n koper gekry sal word vir die effekte nie, gesien in die lig van die groot bedrag betrokke. Albert van Drie, ‘n verteenwoordiger van AMA,  het reeds in Januarie 2019 aan die Kommissie van ondersoek in PIC se sake gesê dat beleggings in Eskom roekeloos en polities gedrewe is.