Word Ace Magashule ondersoek?

Ace Magashule i

Dit blyk dat die ANC ‘n kommissie aangestel het wat Ace Magashule se beweerde aandeel moet ondersoek in die stigting van die African Transformation Movement (ATM).

Volgens berigte is Kgalema Motlanthe  die voorsitter van die ondersoek met Fene Ginwala as een van die kommissie lede.  So duur die magstryd binne die ANC voort  met Zuma nog steeds agter die skerms besig om die gesag van Ramaphosa af te takel.

Ace Magashule of David Mabuza – die president moet heeltyd sy rug toehou vir die mes vanuit eie geledere, intussen word daar weinig aandag gegee aan misdaad, grondbesetting of die instandhouding van bestaande strukture, word gesê.