Aanval op olie tenkskepe – nuwe feite

Die verenigde Arabiese Emirate het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies meegedeel dat die aanvalle op vier olie tenkskepe op 12 Mei vanjaar, uitgevoer is deur “gesofistikeerde en gekoördineerde operasies” wat deur ’n staat uitgevoer is en nie ’n organisasie nie.

Foto’s wat deur die Emirate aan die VN gelewer is het getoon hoedanig die skepe beskadig is, en het nou na deeglike ondersoeke gesoen is, gevind dat die aanvalle professioneel uitgevoer is met gesofistikeerde toerusting.

Die inligting wat deur die Emirate aan die VN gestuur is, is deur Noorweë en Saoedi-Arabië ondersteun, maar maak nie melding van wie die aanvalle uitgevoer het nie.

Waarnemers wys egter daarop dat ’n algemene vermoede bestaan dat iran verantwoordelik is vir die aanvalle, en is deur die VSA beskuldig daarvan dat hulle verantwoordelik is vir die krisis.