Zuma-ministers moontlik afgedank

Jacob Zuma

Onbevestigde berigte vlieg tans rond oor die moontlikheid dat die ministers wat Jacob Zuma om hom geskaar het, deur Ramaphosa afgedank kan word.

Die ANC president het vroeër aangedui dat hy ’n veel kleiner kabinet sal saamstel ten einde die uitgawes te snoei, en dat hy van plan is om die kabinet te herskommel.

Dit kan beteken dat die “Zuma-ministers” in die stof gaan byt, sê meningsvormers en politieke ontleders.

Fikile Mbalula, wat as senior ANC leier beskou word, het glo gesê die kabinet gaan beslis kleiner gemaak word, en kan dalk vir homself gereedmaak om ’n kabinetspos los te slaan.

Mbeki het 50 kabinetslede gehad, en Zuma het met ’n gebaar van swier, sy kabinet vergroot tot 73 ministers en adjunk-ministers.

Die vermoede bestaan dat Ramaphosa so min as 30 kabinetslede gaan aanwys, om te voldoen aan sy verkiesingsbelofte van vroeër.

Dit sal beteken dat talle ministers nie ’n adjunk sal kry nie, en daarmee sy gewildheid onder die kiesers wil verbeter.