Wyndruiwe oes bereik laagte punt

Die 2019 wyndruiwe oes het ‘n rekord laagtepunt bereik. Te midde van goeie reëns gedurende die 2019 seisoen het die laaste drie jare se droogte sy tol geëis. 

Die oes van 1,225,620 ton is die laagste sedert 2005 toe bet minder as 1,2 miljoen ton geoes is.  Die Olifantsrivier en Klein Karroo boere is die hardste getref deur die droogte en talle boere het na ander boerdery soorte begin kyk.

Verskeie boere het vasgebyt en begin met aanplantings van nartjie bome aangesien die kommoditeit skerp in aanvraag toegeneem het op die internasionale markte.

Die onsekerheid by boere oor die ANC se grondgryp beleid dra ook by tot ’n traagheid om te investeer uit rees dat alles verloor kan word.