Wits bied hulp aan “arm studente”

Die Wits Universiteit kyk of hy ’n koper kan kry vir ’n stuk grond met die verwagting om R1 miljard daarvoor te kry sodat dit aangewend kan word om behoeftige studente te ondersteun.

’n Bekommerde inwoner staan die moontlike transaksie teen met ’n argument dat die transaksie nie in die gees is van die stigting van Wits wat destyds die eiendom as skenking ontvang het nie.

Die eiendom, Frankenwald Estate, wat naby die Marlboro Gautrein stasie is, is as skenking aan die universiteit bemaak deur ’n Britse mynmagnaat, Sir Alfred Beit in 1905.

Die Wits owerheid beplan om die eiendom aan die Johannesburgse stadsraad te verkwansel met die doel om die geld aan te wens vir finansiële hulp aan armlastige studente.

Die eiendom is jare gelede deur die Transvaalse Provinsiale raad oorgedra aan die universiteit wat nou beplan om die skenking weer te verkoop.