“Wil net hê” mentaliteit verander

Copyright: Waldo Swiegers

Die Munisipaliteit van Grahamstad, in die Oos-Kaap, se mentaliteit om duur dienste te ontvang, en nie daarvoor wil betaal nie, het nou van deuntjie verander.

Die Gift of the Givers het vroeër ’n kwotasie van sowat R26 miljoen ingehandig by die munisipaliteit vir die sink van boorgate en aanlê van water vir die dorp wat tans geen water het nie.

Die Munisipaliteit het die organisasie se kwotasie aanvaar, en baie werk is gedoen om water te voorsien, maar moes ontdek dat die munisipaliteit nie bereid is om vir die werk te betaal nie.

Gift of the Gibers het as gevolg daarvan onttrek uit die projek, maar nou na dae verloop het en niemand die munisipaliteit wil help sonder vergoeding nie, het hulle die Gift of the Givers om verskoning gevra vir hulle laakbare optrede en gevra die organisasie moet terugkeer, want hulle sal betaal word.