Wes-Transvaalse munisipaliteit onder administrasie

Die munisipaliteit wat deesdae bekend is as die “JB Marks Munisipaliteit”, is glo die sentrale punt van korrupsie en word nou onder administrasie geplaas.

Die provinsiale owerheid in Wes Transvaal van die ANC regime neem die administrasie en bestuur oor te midde van die linksgesinde DA se besware teen die stap.

Die JB Marks munisipaliteit, wat Ventersdorp en Potchefstroom insluit, gaan gebuk onder nog ’n korrupsie skandaal wat verband hou met tender toekennings.

’n Sportstadion is glo opgradeer ten bedrae van R45 miljoen, maar die opgradering wat gedoen is sluit slegs die oprigting van een toilet in.