Werkers brand bande by Monument

Stakende werkers het by die Voortrekkermonument die hoof ingang na die Monument met brandende bande versper.

Die protes gaan oor salarisse na onderhandelinge op ‘n dooipunt uitgeloop het.  Die werkers eis verhoogde salarisse sowel as ‘n pakket wat insluit dat 50% van hul voorsorgfonds deur die werkgewer betaal moet word.

Die eise om meer geld maak van Suid-Afrika ’n staat wat groot lone betaal en weinig diens lewer, sê ’n ekonoom van Pretoria. Dit veroorsaak ’n toenemende daling in gehalte dienswerk, wat uiteindelik die ekonomiese stand afdruk tot ’n finale rommel status.