Wêreld verklaar oorlog teen plastiek

Na twaalf dae van onderhandelings onder leiding van die Verenigde Nasies, het die lidlande besluit om op te tree teen “plastiek wat as ’n gevaarlike afvalstof” beskou word.

Duitsland het tydens die beraad selfs verder gegaan en gesê hy sal ’n veel omvangryker verbod op plastiek goedere instel.

Bykans al die lande van die wêreld, behalwe Amerika, het ingestem om die ooreenkoms wat bereik is, te ondersteun en daarmee die besoedeling deur plastiek drasties in te kort.

Dit is veral kommerwekkend dat die aarde se oseane die swaarste getref word met die besoedeling en ’n ernstige bedreiging geword het vir die seelewe.

Sowat 1,400 afgevaardigdes het vir ’n volle 12 dae in Genève bespreking gevoer van hoe die plastiek besoedeling verminder kan word.

Duitsland het aangekondig dat hy van plan is om ’n algehele verbod in te stel op die vervaardiging en verspreiding van plastieksakke.

Plastiek, wat wêreldwyd as ’n handige produk in vele vorms is vir die mens, is deur nywerhede geproduseer sodat meer as 8 miljard ton sedert die jare 1955 geproduseer is. Daarvan het niks nog gedisintegreer nie, en besoedel die ganse wêreld.