Wêreld Nuusflitse

Oostenryk

Al die ministers van die nasionalistiese Vryheidsparty in Oostenryk het bedank nadat hulle die video gesien het van ’n kollega se poging om iemand om te koop in ’n korrupsie skandaal.

Brittanje

Ondersoek word gedoen na die nasionalistiese Brexit Party van Nigel Farage se bronne van inkomste nadat dit in meningspeilings bepaal is dat die party die grootste steun geniet vir die verkiesing van die Europese Parlement  waaraan Brittanje ook moet deelneem.

Sjina

’n Organisasie in die Verenigde Koninkryk het vasgestel dat duisende vroue van Noord-Korea gedwing is om met Sjinese te trou of om seks-slawe en prostitusie te bedryf.   Die vroue het geen seggenskap nie en moet hulle onderwerp aan die erge toestand.

Indonesië

President Joko Widodo van Indonesië het die pas afgelope presidentsverkiesing gemaklik gewen om die volgende termyn sy land te regeer, maar die leier van die opposisie sê wydverspreide kullery was aan die orde en weier om die uitslag te aanvaar.