Wêreld Nuusflitse

Suid-Korea

President Moon van Suid-Korea en die Amerikaanse president Trump sal mekaar ontmoet vir samesprekings tydns die komende G20 beraad, en sal na verwagting die derde samesprekings met Noord-Korea bespreek.

Japan

Eerste Minister Abe van Japan sê hy beplan om ’n beter verhouding aan te gaan met Iran wat reeds vir dekades ’n vriend van sy land is, wat in skerp kontras staan met die optrede van die VSA.

 Australië

 Meningspeilings in Australië dui op ’n besliste oorwinning vir die Arbeidersparty in die komende naweek se algemene verkiesing, wat die konserwatiewes in die opposisiebanke sal druk.

Jemen

Die samesprekings in Genève tussen die strydende magte in Jemen het op ’n dooipunt uitgeloop en hernude gevegte het intussen losgebars in die oorlog geteisterde land.