Wêreld Nuusflitse

Noord Korea

Inwoners van kommunistiese Noord-Korea word gedwing om regerings beamptes om te koop om genoeg voedsel vir hulle verhongerde gesinne te bekom want voedsel skaarste het ingetree weens ’n langdurige droogte en internasionale sanksies.

Iran

Die regering van Iran het gesê hy sien geen moontlikheid dat onderhandelings met die VSA oor kernwapens hervat gaan word nie weens die Trump-regering se onbetroubaarheid. Die woordvoerder sê Iran stel ook nie belang in die ontwikkeling van kernwapens nie, en sien dus geen rede waarom die VSA ’n nuwe kernwapen ooreenkoms wil aangaan nie.

Frankryk

Frankryk het ’n beroep gedoen op Irak om nie vier Franse burgers om die lewe te bring weens hulle betrokkenheid by die Islamitiese Staat terroriste beweging.