Vyf jaar van worsteling

Met die algemene verkiesing agter die rug, staan die blankes voor die werklikheid van nog vyf jaar in die hitte van ’n troostelose vooruitsig vir sy kinders en die oues van dae.

Die verkiesing het weinig veranderings aan die omstandighede gebring, en die opkoms van kommunisties gesinde radikalisme het sterk op die voorgrond gekom tydens die verkiesingsveldtog.

Die Malema-party het nie geskroom om sy radikale uitsprake teen blankes vol te hou nie, en die radikalisme van die Black Land First was opvallend daarop uit om die Ramaphosa-regime na ’n meer radikale beleid van grondgryp te druk.

Alhoewel die party nie steun gekry het nie, was sy teenwoordigheid op die stembrief genoeg om die ANC beloftes te laat maak van besliste grond grypery in die komende termyn.

Die werklikheid van alles is dat voedselsekerheid in gedrang gaan kom, dat Ramaphosa se voortgesette regeer in die volgende vyf jaar, geen verandering aan die Afrikanervolk se omstandighede gaan bring nie, behalwe dat dit aansienlik gaan versleg.

Volksgenote het oor die afgelope kwarteeu geleer om nie meer na die onvriendelike ANC regime te kyk nie, en self sy heil uitwerk deur ’n vaste geloof en met harde werk.

Daarmee sal Afrikaners moet volhard, en met ’n onwrikbare geloof in die ware God van Bloedrivier, sal ons uiteindelik weer ’n vrye volk word, vry van slawerny en soewerein onafhanklik in ons eie land.