Vyf Finse partye in koalisie

Antti Rinne

Ernstige politieke verdeeldheid in Finland het gelei tot die samespreking tussen vyf partye in ’n poging om ’n regering saam te stel na die verkiesing van ses weke gelede.

Die vyf partye het ’n ernstige verskilpunt oorbrug en eenstemmigheid bereik dat ’n bedrag van $783 miljoen aan belastings verhoog word.

Die Sosiaal Demokrate onder leiding van Antti Rinne het die grootste ondersteuning gekry in die verkiesing, alhoewel dit slegs 18% van die stemme beteken.

Die ht hom genoodsaak om met die Senter Party en drie klein partye asn ’n koalisie te regeer.

Antti Rinne het kiesers gevra om hom te steun sodat hy belastings kan verhoog ten einde die welsynstaat se werksaamhede kan verbeter.