VSA waarsku – sal Iran vernietig

President Donald Trump van Amerika het gewaarsku dat Iran vernietig sal word indien hulle enige belange van die VSA sou aanval of benadeel.

Die president het gesê dit sal die einde van Iran wees as die VSA met ’n groot aanslag optree as die land enige geweld openbaar teen die VSA.

Iran moet nie enige belange van Amerika wat in die Midde-Ooste is, probeer beskadig of aanval nie.

Die vermoede bestaan dat Iran agter die vuurpyl aanval sit wat die Groen Sone in Baghdad getref het en klaarblyklik deur die “Shi’ite rebelle” afgevuur is.

Ingeligte waarnemers sê die VSA is steeds besig om ondersoek in te stel oor wie verantwoordelik is vir die vuurpyl aanval.