VSA waarsku Iran oor aggressie


Minister Mike Pompeo

Die konflik tussen Amerika en Iran het Vrydag ’n nuwe gevaarvlak bereik nadat Tehran gedreig het om sy kernwapen program te versnel met missiel ontwikkeling, en Minister Pompeo die land ernstig gewaarsku het.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het die regering van Tehran gewaarsku teen enige moontlike aanval wat hulle sou beplan wat die VSA se belange sou benadeel.

Minister Pompeo het gewaarsku dat enige optrede teen VSA belange, of sy burgers, met doelgerigte en blitsvinnige teenaanvalle beantwoord sal word

Intussen het die Amerikaanse vliegdekskip met ’n volle lading vegvliegtuie reeds in die Midde ooste aangekom en staan gereed vir enige gebeurlikhede wat Iran mag beplan.

President Trump het egter ’n uitnodiging tot Tehran gerig om dialoog te voer met die doel om ’n verbeterde kernwapen ooreenkoms te sluit wat sal verseker dat die land se program sal beëindig.