VSA vliegdekskip onderweg na Midde-Ooste

Die regering van President Donald trump het bevestig dat ’n vliegdekskip wat met vegvliegtuie toegerus is, wel onderweg is na die Midde-Ooste.

Dit volg na beweerde aanduidings en waarskuwings van Iran wat aandui dat hulle sal voortgaan met wapen ontwikkeling.

Die Amerikaanse regering het vroeër aangekondig dat swaar sanksies teen Iran heringestel word wat voorheen opgehef is, en wil met die oorlogstuig wat na die Midde-Ooste onderweg is, aan Iran toon dat hulle ernstig is om toe te sien dat die land nie sy olie verhandel kry nie.

Die VSA se Nasionale Adviseur, John Bolton, se die VSA sal nie huiwer om sterk op te tree teen lande wat met Iran sake don nie.

Iran moet ook kennis neem van die VSA se erns om toe te sien dat hulle nie enige olie van die hand gesit sal kry nie.

Die optrede van Amerika kan meebring dat die prys van ru-olie verder verhoog, veral nadat die VSA ook ’n sanksie veldtog teen die olieryke Venezuela ingestel het.