VSA versoek Iran tot dialoog

Minister Mike Pompeo

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die afgelope naweek ’n versoek tot Iran gerig om gesprek te voer oor ’n nuwe kernwapen ooreenkoms.

President Trump sê die gesprek kan handel oor hoe die ooreenkoms met Iran aangegaan kan word wat sal verseker dat die land finaal afsien van ’n kernwapen program.

Tot hede het Tehran geen aanduiding gegee dat hy tot so ’n gesprek sal instem nie, en is hoogstens bereid om seker aspekte van sy ontwikkelingsprogram te verminder.

Op ’n vraag waarom die president besluit het om die vliegdekskip, die Abraham Lincoln met vegvliegtuie na die Midde-Ooste te stuur, sê President Trump dit word gedoen nadat Iran dreigemente van konflik grig het tot die VSA.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake het ook ’n waarskuwing gerig tot Iran om nie aggresief op te tree wat VSA se belange kan benadeel nie.