VSA verskerp sanksies teen Venezuela

President Nicolas Maduro.

Die Amerikaanse administrasie het die sanksies teen Venezuela verder uitgebrei wat nou ook die dienslewering sektore direk raak.

Met die optrede beoog die VSA blykbaar om die druk op die veiligheidsmagte te verhoog om teen die Maduro-bewind te draai en daarmee die herstel van die demokrasie moontlik te maak.

Die VSA is glo gretig om te verseker dat die krisis in Venezuela beëindig word, en die opposisieleier, Juan Guaido, die land regeer en die dmokrasie in ere herstel.

Waarnemers het intussen vasgestel dat die Russiese president, Vladimir Poetin, geen erg daaraan het om betrokke te raak by die krisis nie, waarskynlik omdat die land vêr en afgeleë is vir die Russe.