VSA verhoog spanning met Sjinese

Terwyl die dialoog en onderhandelings ’n kreeftegang het tussen Amerika en Sjina oor invoer heffings, is die spanning verder verhoog met die VSA se twee oorlogskepe in die Sjinese Suid See gebid.

Kort nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig het dat hy oorweeg om die invoer heffings van goedere uit Sjina wil verhoog met 25%, het twee Amerikaanse oorlogskepe in die Sjinese Suid See gebied aangekom.

Met die kunsmatige eilande wat Sjina in die gebied opgerig het om sy seegebied op onwettige wyse uit te brei, het talle lande beswaar gemaak, veral omdat dit in di Sjinese Suid See gebied is wat ’n besige skeepsverkeer het as gewilde handelsroete.

Die VSA het met die optrede, tesame met die vliegdekskip wat na die Midde-Ooste is, die spanning tot breekpunt gelei wat waarskynlik bedoel is om ’n invloed te hè op die onderhandelings met invoer heffings.

Intussen het Sjina beswaar gemaak teen president Trump se dramatiese verhoging in druk op Sjina wat sukkel om antwoorde te vind op die dreigement dat miljarde dollar se invoere uit Sjina verder belas gaan word met heffings.