VSA verhoog heffings van Sjinese goedere

Die invoer van goedere uit Sjina na die VSA word met ’n verdere heffing aangeslaan nadat die twee land se onderhandelinge skipbreuk gelei het en die VSA geweier het om Sjina se versoeke te oorweeg.

President Donald Trump het dadelik voorbereidings getref om miljarde doller van Sjinese invoergoedere se heffings in werking te stel.

Dit volg kwalik 24 uur nadat die onderhandelings tussen die twee party op niks uitgeloop het nie.

Die Sjinese afvaardiging na Amerika wat onderhandel het in ’n poging om sy land se uitvoere na die VSA te bevorder, moes egter onverrigter sake terugkeer met ’n verslag dat sowat $200 miljard se goedere na die VSA onderwerp word aan ’n heffing van 20%.

Die optrede van Amerika volg nadat president Trump die Sjinese gewaarsku het om meer uit die VSA aan te koop ten einde ’n beter balans tussen die twee lande se betalingsbalans te verseker.

Sjina het egter in gebreke gebly om aan die versoek te voldoen, te midde van versekerings en ondernemings dat dit gedoen sal word, waarna die VSA met invoerheffings begin het.