VSA stel volle sanksies in teen Iran

Die Verenigde State van Amerika het sy sanksies teen Iran hernu weens die land se kern-program, en het ook twee sleutel operasies van die land ingeperk.

Die VSA het die grootste aantal sanksies wat hy vroeër afgelas het, nou weer ingestel, om daarmee ’n einde te bring aan sy produksie van verrykte uraan.

Verrykte uraan kan gebruik word vir mediese doeleindes, maar kan ook aangewend word vir die vervaardiging van kernwapens.

Die VSA het gewaarsku dat uitvoer van verrykte uraan deur Iran wat voorheen onder sekere voorwaardes toegelaat is, nou geblokkeer word.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het ’n beroep gedoen op die Europese Unie om die Obama ooreenkoms met Iran as uitgedien te verklaar.