VSA optrede laat Iran steier

Iran sal sy betrokkenheid handhaaf met die kernwapen ooreenkoms, en sal sy aktiwiteite afskaal in die verband, sê die Minister van Buitelandse Sake in die Midde-Oosterse land.

Minister Mohammad Javad Zarif se uitlatings kom nadat die Amerikaanse Weermag ’n oorlogskip met ’n aantal vegvliegtuie en bomwerpers na die gebied gestuur het.

Aanvanklik het Iran gesê hy sal nie gehoor gee aan die VSA se intimidasie nie, maar met die aankoms van ’n reuse vliegdekskip vol vegvliegtuie, het die land sy standpunte verander.

“Iran se optrede sal nougeset gevolg word ingevolge die Kernwapen ooreenkoms wat aangegaan is met die VSA se vennote, Brittanje, Frankryk, Duitsland, asook Rusland en Sjina”, het die Irannese minister gesê.