VSA oorlogskip vaar in Sjinese see

’n Woordvoerder van die Amerikaanse militêre department sê een van sy oorlogskepe vaar deur die seegebied wat deur Sjina opgeëis word as sy nasionale seegebied.

Die Sjinese Suid See gebied is die afgelope twee jaar ’n ernstige dispuut onderwerp nadat die Sjinese hulle seegebied wou uitbrei deur kunsmatige eilande op te rig.

Verskeie lande het egter hulle ontevredenheid bekendgemaak oor die “annekseer van internasionale seewater” en hulle by die VSA geskaar wat weier dat die internasionale seeroete geskaad word.

Die VSA het reeds herhaalde kere die Sjinese uitgedaag deur ’n oorlogskip na die gebied te stuur om in die “geannekseerde” gebied te vaar.

Met die jongste operasie van die VSA, word die Sjinese weer gedaag om teen die skip op t tree, en word die Amerikaanse optrede beskou as ’n verdere aksie om die spanning met Sjina te verhoog.

Die Sjinese Suid See gebied is ’n besonder besige handelsroete wat nou ’n toevoeging is om die spanning wat weens die mislukte pogings vir ’n  handelsooreenkoms ontstaan het, verder te verhoog.