VSA druk Sjina in hoek vas

Die Amerikaanse staatshoof, President Donald Trump, het die naweek gesê die VSA bevind hom net waar hy wil wees met Sjina.

Die opmerking volg kort nadat dit bekend geword het dat die onderhandelings tussen die twee lande op ’n dooipunt uitgeloop het.

Hy heet bygevoeg dat die toestand ontstaan het toe Beijing die ooreenkoms met die VSA nie nagekom het nie, en die moontlikheid van nog samesprekings lyk nie belowend nie.

’n Woordvoerder van die Sjinese onderhandelaars het gesê Sjina bly egter gewillig om die onderhandelings te hervat, maat die Trump-administrasie het nie daarop gereageer nie.

Die Amerikaanse president sê die VSA sal gevolglik miljarde dollar aan invoerheffings van Sjina vorder, en dit wat ingevoer word uit Skina, kan alles in die VSA vervaardig word, of alternatiewelik van ’n ander land ingevoer word.

Die mislukte onderhandelings om ’n handelsooreenkoms te bereik hou ernstige nadele in vir die sukkelende ekonomie van Sjina.