VSA dood talle terrorist in Somalië

Minstens 13 vegters van die Islamitiese Staat terroriste is in Somalië dood nadat die Amerikaanse lugmag aanvalle op ’n basis uitgevoer het.

’n Semi-outonome gebied in Somalië, het gebuk gegaan ondr die invloed van terroriste en ’n militêre operasie is uitgevoer waartydens die basis feitlik geheel en al vernietig is.

Twee dae tevore is drie ander terroriste in ’n aanval gedood, wat die totaal van sterftes op sowat 24 te staan bring.

Die aanvalle is verskerp nadat President Donald Trump beveel het dat die aanslag op terroriste in Somalië verskerp moet word.

Die president het vroeër gesê te veel mense in die Afrikaland is reeds dood weens die aktiwiteite van die Islamitiese Staat.

Die VSA het in die afgelope twee jaar meer as 800 terroriste gedood in die geteisterde land, en beoog om daarmee voort te gaan ten einde vrede te bewerkstellig.