VSA Demokrate het reeds 21 kandidate

Senator Michael Bennet

Die aankondiging van die Demokratiese senator, Michael Bennet, dat hy ook in die wedloop is om die party se finale kandidaat vir die presidentsverkiesing te word, is daar nou reeds 21 kandidate.

Dit beteken dat die interne stryd al hoe hewiger en meer uitgerek word, terwyl die laatkommers vir die wedloop se kanse redelik skraal is om die persoon te word wat President Donald Trump wil aandurf.

Senator Michael Bennet se aankondiging om Demokratiese Party kandidaat te word, moet glo opgeweeg word teen kandidate wat reeds vêr gevorder het in hulle veldtog om steun te werf, waarvan senator Sanders, en die voormalige vise-president, Joe Biden, volgens kenners die beste kans het om die ander kandidate die loef ad te steek.

Die 21 kandidate, en daar kan dalk nog bygevoeg word, sal die een na die ander uitgeskakel word in ’n ingewikkelde stelsel tot ’n finale, amptelike kandidaat, deur die Demokrate aangewys word.