VSA Demokraat Joe Biden teen Trump

Joe Biden

Rush Limbaugh, ’n aanbieder van ’n Amerikaanse TV program, het gesê opnames toon dat die voormalige vise-president van die VSA, Joe Biden, die wenner sal wees in die Demokratiese Party se uitdun gevegte om ’n kandidaat te stel teen president Trump.

Die TV aanbieder, wat bekend is vir sy raak voorspellings, sê die voormalige vise-president, wat saam met Barack Obama regeer het, het die vooraf verkiesing klaar gewen teen die ander 20 Demokrate wat aan die veldtog deelneem.

Limbaugh  is van mening dat Biden se kandidatuur die president tot voordeel sal strek aangesien die ondersteuners van die sosialis, Bernie Sanders, dan hulle steun aan Trump sal gee weens Biden se anti-sosialistiese opvattings.

Joe Biden het glo ’n taktiese fout begaan tydens sy veldtog deur Bernie Sanders uit te maak as nie geskik vir die amp as president nie, en daarmee hom die argwaan van die jong sosialiste op die hals gehaal.