VSA boos oor Sjinese inmenging in Arktiese gebied

Die Verenigde State van Amerika verwerp die pogings van lande soos Sjina wat nie ’n lidland is van die agt-nasie Arktiese Raad, om ’n prominente rol te vervul in bepaling van beleid en regeer van die streek.

Die opmerking is gemaak deur ’n senior woordvoerder van Amerika kort voor die aanvang van vergadering van die Arktiese Raad in Finland.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, sal die vergadering bywoon wat Maandag in aanvang geneem het.

Die VSA, Kanada, Rusland, Finland, Swede, Noorweë, Denemarke en Ysland vorm die Arktiese Raad, met waarnemende status van Sjina, Indië, Suid-Korea, Italië, Japan en Singapoer.

Minister Pompeo het in ’n verklaring voor die aanvang van die vergadering gesê die Arktiese Raad regeer die streek en duld nie die inmenging van nie-lede wat nou eis om ’n rol te vul in die prosesse nie.