VSA blokkeer Noord-Korea vragskip

Die Verenigde State van Amerika het vir die eerste keer sedert streng sanksies teen Noord-Korea ingestel is, een van die land se vragskepe geblokkeer.

Dit volg nadat die VSA vermoed het dat Noord-Korea probeer om die VSA en die Verenigde Nasies se sanksies te omseil.

“Wise Honest” is ’n vragskip wat aanvanklik deur Indonesië in 2018 gebruik is maar nou in die magsgreep van die VSA beland het omdat die land glo die skip is met “handels terrorisme” besig wat die VSA genoodsaak het om op te tree.

Kort nadat die VSA kennis geneem het van die kort afstand missiele wat deur Noord-Korea gelanseer is, het die Trump-regering besluit om die druk te verhoog met die teenwoordigheid van ’n massiewe vliegdekskip en talle vegvliegtuie sowel as bomwerpers.

Tydens die vorige ontmoeting tussen die twee leiers, wou Kim Jong-un eis dat die VSA van die sanksies teen hom verminder, maar daaraan wou Trump nie byt nie.