VSA beweging wil Maduro omvêrwerp

Erik Prince

Erik Prince is die stigter van “Blackwater” wat ’n private veiligheidsmaatskappy is in die Verenigde State, en ’n sterk ondersteuner van president Donald Trump is.

Hy het nou ’n plan opgestel om sy private “weermag” te ontplooi om te help dat die sosialistiese diktator, president Nicolas Maduro, gedwing word om te bedank.

Erik Prince het sy plan voorgelê aan die Komitee van die Amerikaanse Kongres waarvan sy beweging ook in Irak en Afghanistan betrokke was.

Volgens sy plan sal sowat 5,000 huursoldate namens Venezuela optree ter ondersteuning van die opposisieparty se leier, Juan Guaido.

Woordvoerder Garrett Marquis van die Amerikaanse regering wou geen kommentaar lewer oor die moontlikheid om so ’n aksie in werking te stel nie.

Edward Rodriguez, die woordvoerder van Juan Guaido sê geen samesprekings is met “Blackwater” verteenwoordigers gevoer oor enige aangeleentheid nie.