VSA besig met “rusie soek spel”

’n Woordvoerder van die Amerikaanse Militêre afdeling het bekendgemaak dat twee van die Vloot se skepe  gestuur is om deur die Taiwan Seestraat te vaar, tot hewige ontsteltenis van Sjina.

Die optrede van die VSA is, volgens kenners, ’n gevaarlike spel wat beskou kan word as ’n poging om Sjina uit te lok, maar ook om aan Sjina ’n boodskap te stuur dat sy eise oor die Sjinese Suid See gebied nie internasionaal erken word nie, en daarom vaar die VSA se oorlogskepe ook in daardie gebied.

Die sensitiewe Taiwan Seestraat is een van die Sjinese se klaarblyklike pogings om Westerse lande te toets, aangesien die kommunistiese staat ernstig van plan is om Taiwan te annekseer as een van sy gebiede.

Taiwan word tans ook die sleutel van die spanning tussen die VSA en Sjina wat deur die VSA as ’n onafhanklike land beskou word, maar Sjina reken dit is deel van sy totale ryk.

Waarnemers sê die optrede van die VSA se Vloot is ’n rusie wat tot ernstige gevolge kan lei.